Aanlyn Inskrywings

Algemene Inligting

Skryfbehoeftes

Nuusbriewe

Kontak Ons

Ontwikkel selfvertroue en kreatiwiteit

Waar kreatiwiteit blom en selfvertroue groei.

By Laerskool D.F. Malherbe glo ons dat kultuur die siel van die skool is. Dit is op die verhoog, agter die mikrofoon en voor die esel waar leerders hul kreatiewe stem vind. Ons kulturele program is ontwerp om balans te bring en ‘n liefde vir die kunste te kweek. Of jou kind ‘n gebore “performer” is of net bietjie selfvertroue wil bou, ons bied ‘n veilige platform waar elke kind kan skitter. Ons kultuuraktiwiteite leer kinders om met emosie te kommunikeer, met dissipline te oefen en met passie op te tree.

Toegewyde personeel van Laerskool DF Malherbe

Willem Botha

Hoof
Toegewyde personeel van Laerskool DF Malherbe

Willem Botha

Hoof

Afdelings vir Spesifieke Kultuuraktiwiteite

Redenaars

“Die Kuns van Oortuiging” Om vreesloos voor ‘n gehoor te kan praat, is ‘n vaardigheid wat ‘n leeftyd hou. Ons redenaars kry die geleentheid om hul standpunte te stel en gehore te boei.

Wat ons bied:

Fokus:

Leerders neem deel aan kultuuraktiwiteite by Laerskool DF Malherbe

Koor

“Een Stem, Een Hart” Daar is min dinge so mooi soos kinderstemme wat saamsing. Ons kore is die trots van DF Malherbe. Hier leer leerders nie net van musiek en ritme nie, maar ook die dissipline van saamwerk in ‘n groot groep.

Groepe:

Optredes:

Die skoolkoor van Laerskool DF Malherbe tree op tydens ’n kultuuraand

Revue & Konserte

“Ligte, Kamera, Aksie!” Ons grootskaalse skoolproduksies is die hoogtepunt op die kalender! Dit is ‘n massadeelname-geleentheid waar elke kind die kans kry om op die verhoog te wees.

Wat behels dit?

Hoekom deelneem?

Leerders tree op tydens die jaarlikse revue van Laerskool DF Malherbe

Eisteddfod & Kunstefeeste

“Wys jou Talent” Ons moedig leerders aan om deel te neem aan plaaslike Eisteddfods (bv. Vaaldriehoek Kunstefees).

Kategorieë:

Doel:

Die skoolkoor van Laerskool DF Malherbe tree op tydens ’n kultuuraand

Moedig jou kind aan om ten minste aan een kultuuraktiwiteit per jaar deel te neem!